Dié huldeblyk aan Gé Korsten met Jannie Moolman en Riaan Hunter bring hulde aan een van Suid-Afrika se grootste kunstenaars van alle tye. Die produksie sluit van Gé Korsten se grootste treffers in, asook nuwe musikale verwerkings in verskillende style. In hierdie produksie deel Riaan interessante feite met die gehoor en word dit afgewissel met musiek. Gé se lewensverhaal word vertel en daar word uitgewy oor sy operas, ligte musiek, flieks en prestasies.
Diasstraat 15, Welgemoed
Jannie Moolman, Riaan Hunter, Kore: Laerskool Totius, Hoërskool DF Malan
No refunds
Welgemoed Kunstefees