Behalwe vir die smaaklike koekskeppings uit Robertson, kan die gehoor daarna uitsien om twee van Suid-Afrika se mees formidabele vroueskrywers te ontmoet. Antjie Krog, driemaal wenner van die gesogte Hertzogprys gaan kinderryme uit haar boek Vetplantfeetjies voorlees met interesssante vertellings tussenin. Irma Joubert, bekende skrywer van historiese romans gesels oor haar oorlogstrilogie wat strek tussen die tydperk van die Eerste- en Tweede wêreldoorloë. Die trilogie bestaan uit Immer, Mentje, kind van die Pas-Opkamp en Na ‘n plaas in Afrika.
Diasstraat 15, Welgemoed,Bellville
Irma Joubert, Antjie Krog
No refunds
Welgemoed Kunstefees