Welgemoed Kunstefees 2022
.jpg)
Die Welgemoed Kunstefees is ’n opwindende inisiatief van die NG Gemeente Welgemoed om na die lang grendeltyd die kunste na die mense in die noordelike voorstede van Kaapstad te bring.
Bekroonde produksies met top kunstenaars word vanaf 20-29 September 2022 in die Welgemoed Ouditorium, Diasstraat 15, aangebied.
Donderdag 29 September om 19h30 word die fees afgesluit met Frank Opperman se “Ek wens, ek wens”, waarvan die boek deur Zirk van den Berg met die WA Hofmeyer- en kykNET- Rapport-prys bekroon is. Frank word as beste akteur vir hierdie vertoning by Aardklop aangewys.
15 Diasstraat, Welgemoed, Bellville
Frank Opperman - "Ek wens, ek wens"
Bookings for this event is non-refundable
Download the guides below to set up the Computicket Scanner App for ticket validation at your events.