Welgemoed Kunstefees 2022
.jpg)
Die Welgemoed Kunstefees is ’n opwindende inisiatief van die NG Gemeente Welgemoed om na die lang grendeltyd die kunste na die mense in die noordelike voorstede van Kaapstad te bring.
Bekroonde produksies met top kunstenaars word vanaf 20-29 September 2022 in die Welgemoed Ouditorium, Diasstraat 15, aangebied.
Donderdagoggend 22 September om tienuur vind ‘n boekbespreking, Boek en Koek, plaas met die gevierde sprekers Francois Bloemhof, Rudie van Rensburg, Ilse Verster en Elsa Winckler. Francois en Rudie praat oor die tydsgees in misdaadfiksie na aanleiding van Francois se Ludo-reeks (Die duiwel maak my hart so seer en Kry vir jou) en Rudie se Monster. Ilse en Elsa praat oor “Hoop vir stukkende vroue” na aanleiding van Ilse se opspraakwekkende boek, So lyk ’n vrou (oor haar lewe saam met ‘n narsistiese eggenoot), en Elsa se Vroue van Kosmoslaan wat in Augustus verskyn. Die gespreksleier is Madri Victor- Senior Uitgewer: Fiksie by Lapa en Penquin Random House.
15 Diasstraat, Welgemoed, Bellville
Francois Bloemhof; Elsa Winckler; Ilse Verster; Rudie van Rensburg
Bookings for this event is non-refundable
Download the guides below to set up the Computicket Scanner App for ticket validation at your events.