Vrouedag saam met SIONSBRUID
Vrouedag is 'n dag vir ELKE vrou. Dis die dag wat elke vrou maar mag! Hierdie dag mag sy vergeet van kosmaak en sy mag die propvol wasgoedmandjie miskyk en sy mag die kinders se skoolwerk uitstel en sy mag 'n deurmekaar huis verskoon. Sy mag haar skoene uitskop en haar selfoon MUTE! Sy mag smul aan 'n ander kombuis se kospot en haar bolla laat loshang tussen vroue wat voel soos sy.
Vandag klim sy bo-oor alles wat rondlE op die vloer. Vandag ignoreer sy manlief se bewe-lippie want hy moet alleen die fort hou sodat sy 'n wegbreek-bederfie kan geniet saam met haar eie spesie - net vir vandag!
SIONSBRUID bied daardie geleentheid aan vir elke vrou vandag. Ons spreker vertel haar ongelooflike verhaal van 'n gebroke meisie en die ingryping van 'n Groot Koning. Kan dit waar wees dat die God van die Bybel regtig so betrokke sal wees in gebrokenheid? Selfs in ontrouheid, egskeiding, armoede en totale verwonding?!
Elke vrou het 'n storie. Wanneer haar droomprins in 'n padda verander en die Prinses in 'n nare heks. Maar dan hoor sy Hom sE : "My genade is vir jou genoeg. Ek het jou by jou naam geroep. Jy is Myne." Die verhaal sal jou ......
Kom luister self! Dis 'n waarborg dat jy hierdie dag jou Bruidegom van nader sal ontmoet.
SIONSBRUID bring 'n verskeidenheid musiek met kontant stalletjies, kuns uitstallings, juweliersware, mooiste mooimaak goete, olies en 'n boek wat elke kwaal se wortel beetkry en uitpluk.
Ons verras 'n gelukkig bywoner met 'n baie spesiale geskenk.
Bring jou ma en sussies en hartsvriendinne en kom kuier saam met ons op 12 Augustus 2023. 'n Onvergeetlike ervaring en lekker smulkos sommer ingesluit hierin!
Ons sien uit om jou daar te hE!
Kom kry jou girl-fix vandag!
44 and 45, Cromdale, Corner of Glenwood and R40, Mbombela, 1200
No refunds
Free parking
Courtney Marx 0769977471