Kalfiefees Van die Rak af - Lizz Meiring
Sat 3 Jun 2023, 19:00 PM - 20:10 pm

Kalfiefees Van die Rak af - Lizz Meiring

Kom geniet 'n aand saam met die formidabele Lizz Meiring!

About this event

“The Human Library“ is ‘n wêreldwye konsep wat ‘n paar jaar gelede in Skandinawië ontstaan het. Die konsep is op humanitêre beginsels gebaseer - met die doel om andere beter te verstaan. Soos die ou spreekwoord lui “Onbekend is onbemind“, oftewel - ons vrees en veroordeel diegene wie ons nie verstaan nie.

Die praktiese toepassing is eenvoudig - in plaas van ‘n boek uitneem, neem jy ‘n mens uit. Die persoon (dikwels ‘n kontroversiële of gemarginaliseerde persoon) vertel jou, as toehoorder, sy of haar storie. Eerlik, kaalvuis.

In die produksie “Van die rak af (Uitgawe 1)” - ontmoet ons sulke individue. Werklik, histories, fiktief, mitologies. Komies, tragies, satiries, tragi-komies. Elkeen van die karakters verbeeld en vertel hul unieke storie.

Maar daar is ‘n interaktiewe element: Voor die aanvang van die vertoning ontvang die gehoor ‘n “stembriefie/biblioteek kaart” met kriptiese leidrade. Dan kies die gehoor self watter “mense“ hul wil uitneem vir dié spesifieke opvoering.

Venue

Hermanus Munisipale Ouditorium

Overstrand Municipal Centre, 1 Harmony Ave, Hermanus

Featuring

Lizz Meiring

Organiser

Kalfiefees
This is a verified and trusted vendor