Sê-net Tienertoneelfees
Wed 8 Jul 2026, 19:00 PM -
Thu 9 Jul 2026, 19:00 PM

Sê-net Tienertoneelfees

Dit is weer tienertoneelfeestyd in die Goudstad!

About this event

Dit is weer tienertoneelfeestyd in die Goudstad! Dit is vanjaar Helpmekaar Kollege se vierde aanbieding van die Sê-net Tienertoneelfees.

Ons professionele toneelstuk wat optree hierdie jaar, is Diepe Grond deur Reza de Wet. Die produksie word gedra deur vier uitsonderlike akteurs: Neels Clasen, Mia-Anne O'Kennedy, Pulane Rampoana en Kaz McFadden. Hul vertolkings benader die karakters nie as groteske figure nie, maar as herkenbare mense wat te lank stilgestaan het. Uiteindelik is hierdie Diepe Grond nie bloot ’n herlewing van ’n klassieke teks nie, maar ’n spieël. Dit vra nie: Wat het gebeur? nie. Dit vra: Waar staan óns nou stil?

Die Sê-net Tienertoneelfees se missie en visie bly onveranderd: deelnemende regisseurs wat mekaar help, mekaar opbou en ʼn noue teaterband kweek. Dis ʼn fees van tonele waar geen toekennings gemaak word nie, maar slegs repliek gelewer word en waar ons by mekaar kan leer.

Venue

Helpmekaar Kollege

Empire Rd & Melle St, Johannesburg, 2001

Featuring

Kaz McFadden, Mia-Anne O'Kennedy, Neels Clasen, Pulane Rampoana

Organiser

Linda van Niekerk
This is a verified and trusted vendor