Machiel Roets, die bekende komponis, liriekskrywer, en musiek regisseur van "Liefling die blyspel," "Aspoestertjie," en "Pretville," bring die onweerstaanbare "Pinocchio, 'n musikale komedie".
Hierdie produksie is 'n meesleurende ervaring vir die hele gesin, Dis oorspronklike oorwurm musiek, humor, nostalgie, en uitmuntende karakter vertolkings deur 'n uitsonderlike toneelgeselskap.
Die geliefde marionet, Pinocchio, behou sy oorspronklike sjarme terwyl hy weer nuwe lewe ingeblaas word. Die geselskap vier ook saam die 100 jaar bestaan van Afrikaans.
Soli Philander triomfeer met sy ongelooflike spel as Mario. Philander is ook regisseur van die produksie. Saam met Soli verskyn iHOPE as Gatto. die twee se komiese spel het gehore tot in Polokwane se tone laat krul van lag en plesier en ook geskiedenis gemaak by die Pierneef teater in Pretoria. Henrico Grobler is 'n jong naam om dop te hou, as Pinocchio steel hy die harte van die gehoor. Moenie hierdie gehoor interaktiewe komedie misloop nie. Kinders is welkom om op te daag in hulle eie Feetjieland kostuums.
14-20 Desember 11h00
Bravo Lounge Garden Route Casino
Pinnacle Point, Mossel Bay, Western Cape, South Africa
Soli Philander
Machiel Roets Produksies