Kalfiefees: Amanda Strydom: State of the Heart
Sat 8 Jul 2023, 18:00 PM - 19:10 pm

Kalfiefees: Amanda Strydom: State of the Heart

A timeless love story that will leave your heart singing....

About this event

Die bekroonde Amanda Strydom het “State of the Heart”in 1993 geskryf, die eerste van tot dusver ses eenvrouvertonings uit haar pen. Ian Roberts was regisseur. Vanjaar is hierdie stuk (wat kultusstatus bereik het), 30 jaar oud, maar nog lank nie koud.

“State of the Heart” het die Dalro en Showtime toekennings gewen vir beste cabaret en “Cabaret of the year” en “Show of the year” in 1994 en sy voer dit steeds op publieke aanvraag op. 

Hierdie tydlose liefdesverhaal steek op ‘n teer wyse die draak met ou Afrikaner tradisies en kyk na die geskiedenis van Suid-Afrika van die twintiger tot sewentigerjare. Vooroordele tussen mense word tegelykertyd subtiel, skreeusnaaks en hartverskeurend bekyk. Die wreedheid van oorlog, die passie van ‘n hart wat bly glo, ten spyte van teenslae, dat die liefde sál seëvier, word ook in hierdie kabaret blootgelê.

Dit was ‘n tyd toe vrouens hulle plek moes ken, hulle velle gebleik het as hulle sproete gehad het (want sproete was glo kômmin), mans kruisbande gedra het, Springboktwak gerook het en Boeremeisies net met Boerseuns getrou het. Dit was ook in hierdie tyd dat die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het.

Wanneer die heldin van die verhaal, die Afrikaanse Maxie de Meyer, op ‘n Engelse loods Raymond G.Bartlett verlief raak, spat die vonke behoorlik en ontplooi daar ‘n liefdesdrama in die tradisie van die ou Springbokradiovervolgverhale. 

Strydom vertolk op meesterlike wyse ál die rolle – van die knorrige Oupa Dikdaniël, die heldin Maxie, haar kindervriend Sipho Motsepe, Stoffelina du Plooy van die Langekloof en die hele orkes uit die Baviaanskloof wat by haar troue musiek moet maak, Dolly Parton, Maxie se broer Willie, die stywe bolip Frances Pennington-Smythe en ‘n horde ander karakters.

“Hierdie is Strydom se kabaretmeesterstuk”. Dit weerspieël die vrou se talent as aktrise, sangeres, skrywer en bowenal as storieverteller.’n Mens hang behoorlik aan haar lippe” - Janine Morris, Metro

“You will leave with your heart singing” – Diane de Beer, Pretoria News.

Venue

Hermanus Munisipale Ouditorium

Overstrand Municipal Centre, 1 Harmony Ave, Hermanus

Featuring

Amanda Strydom

Organiser

Kalfiefees

This is a verified and trusted vendor
© Computicket BoxOffice 2025
Terms & Conditions Privacy Policy Sell your Event Contact Us