1.1 Alle besoekers betree die feesperseel op eie risiko. 1.2 Die organiseerders van die Kalahari Hartklop Fees aanvaar geen aanspreeklikheid vir beserings, verlies of skade aan persone of eiendom nie. 1.3 Toegang is slegs geldig met ’n geldige kaartjie of amptelike toegangsbewys. 1.4 Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe indien die fees amptelik gekanselleer word.
2.1 Geen wapens, gevaarlike voorwerpe of onwettige middels word toegelaat nie. 2.2 Geen eie alkohol of drank mag die terrein ingebring word nie. 2.3 Enige persoon wat onvanpas, aggressief of onwettig optree, sal onmiddellik van die terrein verwyder word. 2.4 Alle instruksies van sekuriteitspersoneel en organiseerders moet nagekom word.
3.1 Minderjariges moet onder toesig van ’n verantwoordelike volwassene wees. 3.2 Geen alkohol sal aan persone onder 18 jaar verkoop word nie. 3.3 Identifikasie mag vereis word by drankpunte.
4.1 Deelnemers aan enige kompetisie neem deel op eie risiko. 4.2 Inskrywingsgelde is nie terugbetaalbaar nie. 4.3 Die beoordelaars se besluit is finaal. 4.4 Organiseerders behou die reg om reëls te wysig indien nodig. 4.5 Pryse is nie oordraagbaar of vir kontant verruilbaar nie.
5.1 Deur die fees by te woon, gee jy toestemming dat foto’s of video’s waarin jy verskyn vir bemarkingsdoeleindes gebruik mag word. 5.2 Indien jy nie afgeneem wil word nie, moet jy dit vooraf by die organiseerders aandui.
6.1 Die fees vind plaas ongeag weerstoestande. 6.2 In geval van uiterste of gevaarlike toestande behou die organiseerders die reg om die program te wysig. 6.3 Die organiseerders is nie aanspreeklik vir kansellasies of veranderings buite hul beheer nie.
7.1 Parkering is op eie risiko. 7.2 Die organiseerders aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade of diefstal van voertuie nie.
8.1 Die organiseerders behou die reg voor om toegang te weier. 8.2 Hierdie bepalings en voorwaardes kan sonder vooraf kennisgewing gewysig word.