Vir duisende jare het die mensdom gedink dat die Aarde die middelpunt van die Heelal is. Danksy ons nuuskierigheid, verbeelding en drang om te verken, weet ons nou dat planete soos ons Aarde niks besonders in die kosmos is nie. Die Son is net ’n gewone ster onder honderde biljoene in ons sterrestelsel, die Melkweg. Met die wêreld se kragtigste teleskope kan ons meer en meer van die Heelal verken. Wat ons tot dusver gevind het, het selfs die wildste verwagtinge van wetenskaplikes sowel as skrywers van wetenskapfiksie oortref. Die meeste sterre het planete — dit blyk dat hulle meer algemeen is as wat ons gedink het. ’n Enorme verskeidenheid van verskillende wêrelde is daar buite, wat net wag om ontdek te word.
Naval Hill, Bloemfontein, Free State, South Africa
The venue's parking policy
University of the Free State